Local newsNews

Smithfield hou Geloftefees

Die verrigtinge begin reeds Donderdag 15 Desember om 16:00 met 'n braai. Die Geloftediens vind Vrydag 16 Desember om 10:00 plaas.

Vanjaar se Smithfield Geloftefees sal weer by die Smithfield-terrein sowat 25 km vanaf Ermelo op die pad tussen Ermelo en Lothair gehou word.

Die verrigtinge begin reeds Donderdag 15 Desember om 16:00 met ‘n braai.
Alles word voorsien, bring net eie eetgerei en drinkgoed.

Die braai word gevolg deur ‘n kort openingsrede en biduur waarna die kinders van die feesgangers gedigte sal voordra.

Die Geloftediens vind Vrydag 16 Desember om 10:00 plaas.

NĂ¡ die diens word tee bedien, waarna feesgangers heerlik saam kuier en ‘n gesamentlike middagete geniet waar elkeen sy eie disse voorsit.

Onthou om eie eetgerei en stoele saam te bring.
Vir meer inligting, skakel Leon Grobler by 082 807 9264.

Related Articles

Back to top button