Ses dekades van huweliksgeluk

Praat as iets pla.

Oom Cyril (83) en tannie Nika Scrooby (81) het gister (Donderdag) hul 60ste huweliksherdenking gevier. Die egpaar wat reeds sedert 1965 in Ermelo woon, vertel dat ‘n mens moet praat as iets pla.

Op die vraag wat die geheim vir ‘n lang en gelukkige huwelik is, antwoord hulle: “Ons almal het ons moeilikheid, leef daarmee saam en wees gewillig om saam aan te gaan en daaraan te werk.”

Tannie Nika was meer as 22 jaar by Nedbank werksaam en oom Cyril word onthou as die bestuurder van SA Eagle waar hy ook jare gewerk het.
Die egpaar is ongelukkig nie meer so onafhanklik soos in hul jonger dae nie en bring baie tyd saam deur by die huis en in die tuin, ‘n liefde wat albei deel.

Hulle spog ook met drie kinders, agt kleinkinders en vier agterkleinkinders en sien uit om hul spesiale dag met hul geliefdes te deel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version