Local newsNews

Reënbui betrap motoris onverhoeds

Omstander red vyf mense uit voertuig.

‘n Voertuig met vyf insittendes, drie volwassenes en twee kinders (5 en 6) is vanmiddag deur vloedwater meegesleur. Swaar reën het in ‘n kort tyd op Ermelo uitgesak wat veroorsaak het dat water motordakhoogte by die kruising van Oosthuizen- en Kerkstraat opgedam het. Die voertuigeienaar, mnr. Samson Dlamini van Lothair het vertel dat hulle na Swaziland onderweg was.

Hy het vertel dat hulle nie besef het dat die water so diep is nie en die enjin het gestaak en die voertuig het skielik gedryf. ‘n Omstander het gehelp om die voertuig se deure oop te kry en al die insittendes is veilig na droë grond gebring.

Ermelo se nooddienste het ‘n plaaslike insleepdiens bygestaan om die voertuig uit die water te trek.

Die pad is nou weer oop en ligte reën sak steeds neer.

 

IMG_6348

IMG_6354

 

 

IMG_6349

 

IMG_6353

Mnr. Samson Dlamini (voertuigeienaar) en mnr. Hianganiso Zondo (voertuigbestuurder).
Mnr. Samson Dlamini (voertuigeienaar) en mnr. Hianganiso Zondo (voertuigbestuurder).

Jandrè Potgieter help mense wat in voertuig vasgekeer is

Related Articles

Back to top button