Zané bly omgee na haar titeljaar

Zané Kleynhans se jaar as Little Miss Petite SA 2015/2016 het verlede Saterdag tydens die kroning van Beyond 2000 se nuwe wenner tot 'n einde gekom.

Zané Kleynhans se jaar as Little Miss Petite SA 2015/2016 het verlede Saterdag tydens die kroning van Beyond 2000 se nuwe wenner tot ‘n einde gekom.

Sy vertel dat sy ‘n opwindende jaar agter die rug het met nuwe vriendskappe wat gesmee is.

Alles was nie net pret nie en Zané het haar titel gestand gedoen deur terug te gee aan die gemeenskap.
Sy was gedurende die jaar nou betrokke by die Droom Groot-projek waar sy klere, skoene en speelgoed geskenk het en verlede Desember ook in hul Kersfeesprojek gedeel het.

Sy het haar steun vir Kansa getoon deur haar hare te kleur en donasies te gee.

‘n Hoogtepunt was die voorreg om haar oorlede oupa se rolstoel en loopraam aan die SAVF-Huis Ermelo te skenk.

Gedurende dié jaar het sy verskeie BBP-geleenthede bygewoon en was onder andere ‘n eregas by Beyond 2000 se jaarlikse SA Championship Of Performing Arts waar sy vereer is met ‘n toekenning vir prestasie, iets waarop sy baie trots is.

Dit alles sou nie moontlik gewees het sonder haar borge en bystand van geliefdes en die Hemelse Vader nie.

“Ek bedank graag my Hemelse Vader vir my talente en vir hierdie wonderlike titel en dit wat op my pad gelewer is. Alle eer aan U. Amen. Aan my ouers en boeties, baie dankie, Mamma en Pappa, vir al die opoffering liefde en ondersteuning. Baie dankie aan my modeljuffrou, tannie Allison, vir al die ondersteuning en liefde. Dankie dat ek die model is wat Tannie my gehelp het om te word.

“Ek is ‘n trotse Blush Model Beyond 2000. Dr. Ellen Roux, baie dankie vir ‘n onvergeetlike jaar, baie dankie vir al die ondersteuning en liefde. My borg YMBY Salon Ermelo, Nastassja Stark, baie dankie.
“Almal wat dit vir my moontlik gemaak het, so baie dankie. Tannie Erika Nel, Hoëvelder Ermelo, baie dankie vir al die mooi artikels deur die jaar; ek waardeer dit baie,” sê Zané.

Haar jaar as Little Miss Petite mag nou wel tot ‘n einde gekom het, maar Zané sê dat sy steeds haar betrokkenheid by die Droom Groot-projek sal volhou, en sy hoop om oor ‘n paar jaar in te kan skryf vir die Little Miss SA-kompetisie.

Zané sien baie uit na wat 2017 vir haar inhou en hoop om haar talent as model en op die gholfbaan verder te ontgin.

In September volgende jaar sal Zané aan die Toddler Tween of the World-kompetisie deelneem, ‘n vooruitsig waaroor sy baie opgewonde is.

Zané se ouers sê hulle sal ‘n goeie balans moet handhaaf tussen die vier aktiwiteite (skool, modelwerk en gholf) waarvoor sy baie lief is.

 

Exit mobile version