Erries beloon vir harde werk

Die aand het bevestig dat die Erries oral betrokke is, oral presteer en gebalanseerd ontwikkel.

Hoërskool Ermelo se jaarlikse Lourierfunksie het onlangs plaasgevind.

Gr.12-leerders is beloon met toekennings en boekpryse vir harde werk op akademiese gebied.

Ander spesiale toekennings, sinoniem met die tradisieryke EHS, is ook gemaak.

Die aand het bevestig dat die Erries oral betrokke is, oral presteer en gebalanseerd ontwikkel.

Die personeel is trots op al die leerders se toekennings, vanaf al die lojaliteitskleure, kultuurtoekennings, sportprestasies wat beloon is tot die akademiese prestasies wat groot verwagtinge skep vir die einde van die jaar.

TJ Hill, met ‘n gemiddeld van 93%, is aangewys as 2016 se Dux-leerder.
Die prys vir die Beste Sport en Akademie (gr.12) is aan Michelle Venter toegeken.
Jana Grey het die prys ontvang vir die hoogste prestasie vanaf gr. 8 tot 12 en is aangewys die tweede beste gr.12-presteerder.
Hardus Rothmann en Dalene Klopper is aangewys as die sportseun- en dogter (gr. 8 tot 11).
Die toekennings vir Sportseun- en Dogter van die Jaar (gr.12) het aan Vusi Mkhonza en Lesshika Vala gegaan.
Hans Greyling is aangewys as die veelsydigste sportleerling (gr.12).
Hy deel ook die leierskaptoekenning met Jana Grey en saam met Nadia Smith ontvang hulle die ware heer- en dame asook die kamaraderietoekennings.
Die Mix and Match prize for companionship het aan Qiniso Habile, Given Maphungela en Precious Mthombeni gegaan.

Die EHS wens sy gr. 12-leerders sterkte toe met die eindeksamen en sien met groot verwagting uit na goeie uitslae van die klas van 2016.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version