NewsSchools

Pret en opwinding met Wiskunde

Laerskool Breyten het verlede week hul jaarlikse Wiskunde Olimpiade aangebied.

Laerskool Breyten het verlede week hul jaarlikse Wiskunde Olimpiade aangebied.

Die doel van die olimpiade is om genot uit Wiskunde te put en daarmee pret te hĂȘ.

Die program het begin met ‘n ysbreker, waar ‘n bal met verskillende wiskundige vrae daarop geskryf, rondgegooi is tussen die leerlinge wat die vrae dan mondelings moesbeantwoord. Ook ingesluit by die program was ‘n speletjie met tyd en horlosies, Maths 24-spel, blokkiesraaisel en ‘n woordsoek.

Daarna het die leerlinge ‘n meervoudigekeusevraestel voltooi. Vyf skole het aan die olimpiade deelgeneem wat oop was vir gr. 5 en g. 6-leerlinge.

In die gr. 5-groep het Laerskool Breyten se A-span gewen en in die gr. 6-groep het Carolina Akademie die eerste plek behaal.

Related Articles

Back to top button