GeneralNews

Geniet besondere Kerssangdiens

Almal word hartlik uitgenooi na die Kerssangdiens, “Die LIG kom na die wêreld”, Sondagaand 30 Oktober om 18:30 in die kerkgebou van die Hervormde gemeente Ermelo-Suid, dr. Malanstraat, De Bruinpark.

Almal word hartlik uitgenooi na die Kerssangdiens, “Die LIG kom na die wêreld”, Sondagaand 30 Oktober om 18:30 in die kerkgebou van die Hervormde gemeente Ermelo-Suid, dr. Malanstraat, De Bruinpark.

Benewens hartlike samesang, word die aand ingekleur deur die optrede van die bekende Hoëveld Jeugkoor, Laerskool JJ van der Merwekoor asook ’n verskeidenheid talentvolle instrumentaliste begelei deur die bekwame orrelis Theunis Botha.

Kom geniet ’n aand saam met mede-gelowiges en sing hartlik saam tot eer en verheerliking van God.

Ná afloop van die verrigtinge kan almal saam tee, koffie en verversings geniet.

Vir meer inligting, skakel ds. Johan Bezuidenhout by 084 514 1092.

Related Articles

Back to top button