Franz se stem is stil

’n Bekende inwoner van Carolina, mnr. Franz Ruddeck (79), is Vrydag 14 Oktober aan hartversaking in die Midmed-hospitaal op Middelburg oorlede.

’n Bekende inwoner van Carolina, mnr. Franz Ruddeck (79), is Vrydag 14 Oktober aan hartversaking in die Midmed-hospitaal op Middelburg oorlede.

Franz is op 17 Junie 1937 op Ermelo gebore en het op Standerton skoolgegaan waar sy ouers geboer het.

Ná sy skoolopleiding het hy by die poskantoor aangesluit. Hy het as operateur by die telefoonsentrales op Standerton, Amersfoort en Carolina waar hy baie jare gewerk het, afgetree.

Franz se belangstelling en stokperdjie was die versameling van veteraanmotors. Hy was ’n ywerige lid van die veteraanmotorklub en het met sy afsterwe die klub se nuusbrief behartig.

Hy word deur sy vrou, Babs – ’n nooi Van Nieuwenhuizen van Amersfoort met wie hy in 1966 getroud is – ’n seun Franz, ’n dogter Liesl en ses kleinkinders oorlewe. (CK)

Exit mobile version