Tuinbouers besoek laventelkwekery

Die Tuinbouklub het verlede Woensdag 'n leersame uitstappie na Soetendalsvlei Laventelkwekery buite Volksrust geniet.

Die Tuinbouklub het verlede Woensdag ‘n leersame uitstappie na Soetendalsvlei Laventelkwekery buite Volksrust geniet.

Die vroue het vroeg van Ermelo vertrek en was met hul aankoms aangenaam verras met die mooi uitsig van die plaas.

‘n Insiggewende praatjie deur die eienaar, Liza Stokes, oor die verskillende laventelvariëteite wat by die kwekery gekweek word, het die vroue baie meer oor die plante geleer.

Laventelplante met hulle heerlike geur groei baie goed in volson.

Hulle benodig goed gedreineerde grond met bemesting.

Blomme moet gedurig gepluk word om groei aan te moedig en die plante het ook water in die winter nodig.

Liza is entoesiasties oor haar kwekery en deel graag haar kennis.

Sy het die kwekery met ‘n paar steggies begin en deur die jare haar gawe om dié plante te kweek, vervolmaak.

Liza se plante is by Dougie’s Pets in Ermelo beskikbaar.

Ná ‘n besoek aan die tonnels waarin haar plante gekweek word, is die
vroue bederf met ‘n heerlike ligte ete.

Exit mobile version