GeneralNews

Bekende oud-onderwyseres sterf

'n Roudiens vir haar sal Vrydag 11:00 in die NG Kerk de Bruinpark plaasvind.

Rina Cloete, ‘n bekend oud-onder-wyseres van Ermelo is Saterdag op ouderdom van 76 oorlede.

Rina en haar gesin het in die sestigerjare na hul plaas Roodewal, tussen Ermelo en Amsterdam, verhuis waar sy tot haar dood gebly het.

Sy was ‘n toegewyde onderwyseres en haar kollegas en oud-leerlinge van EHS en Ligbron Akademie vir tegnologie onthou net mooi dinge van haar.

Sy was ook bekend vir haar gasvryheid en betrokkenheid in die gemeenskap.

Sy en haar man, George Cloete, het graag weggebreek Sabiepark en Krugerwildtuin toe waar hulle hul liefde vir die natuur uitgeleef het.

NĂ¡ sy afsterwe in 2007 het sy op die plaas aangebly waar sy haar liefde vir kos- en tuinmaak voortgesit het.

Rina word oorleef deur haar drie seuns en drie agterkleinkinders.

‘n Roudiens vir haar sal Vrydag 11:00 in die NG Kerk de Bruinpark plaasvind.

Related Articles

Back to top button