Vragmotor van pad af gedwing – slaan om

Die vragmotorbestuurder het ligte beserings opgedoen.

Sien foto’s:

‘n Swaar vragmotor het omgeslaan nadat die bestuurder beheer oor sy voertuig verloor toe hy na bewering vir ‘n aankomende voertuig moes uitswaai.

Die ongeluk het Sondagoggend omstreek 06:00 op die pad tussen Ermelo en Chrissiesmeer plaasgevind.

Die vragmotorbestuurder het ligte beserings opgedoen.

Die beskadigde vragmotor is deur ’n insleepdiens weer op sy wiele getrek en van die toneel verwyder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version