Local newsNews

HJK bied koorfeeste aan

Koorliefhebbers kan uitsien na nóg 'n aand van sang wanneer die HJK op 13 Augustus om 18:30 nog 'n fees by Laerskool Kalie de Haas in Standerton aanbied.

Die Hoëveld Jeugkoor (HJK) bied jaarliks ‘n koorfees aan om skole in Ermelo en die omgewing die geleentheid te bied om op te tree.

Dié jaar se fees het op 30 Julie by Ligbron Akademie vir Tegnologie plaasgevind.

Deelnemende kore was Laerskool J J van der Merwe, Laerskool Breyten, Netherland Park Secondary School,

Ligbron Akademie vir Tegnologie, Hoërskool Ermelo Sangensemble, Canticum Libertatum en die Hoëveld Jeugkoor.

Dit was ‘n genoeglike aand met elke koor wat hul unieke klank en identiteit met hul sang uitgebeeld het.

Die HJK het op 4 Augustus na George vertrek om aan die Cantamus Nasionale Koorkompetisie deel te neem.

Koorliefhebbers kan uitsien na nóg ‘n aand van sang wanneer die HJK op 13 Augustus om 18:30 nog ‘n fees by Laerskool Kalie de Haas in Standerton aanbied.

Kore wat aan dié fees sal deelneem, is Laerskool JJ van der Merwe, Standerton Primary School, Laerskool Kalie de Haas, Hoërskool Standerton, Ligbron Akademie vir Tegnologie, Canticum Liberticum en die Hoëveld Jeugkoor.

Related Articles

Back to top button