Local newsNews

A/o Mostert bevorder tot kaptein

Kapt. Mostert spog reeds met 28 jaar diens in die polisie,

‘n Gewilde polisielid verbonde aan die polisie se K9-eenheid op Ermelo, Carel Mostert, is onlangs bevorder van die rang van adjudant-offisier na die rang van kaptein.

Die bevordering het egter ook ‘n verplasing teweeggebring en kapt. Mostert sal op 1 September as skofbevelvoerder op Secunda vir diens aanmeld.

Kapt. Mostert wat reeds met 28 jaar diens in die polisie spog, is ná sy diensopleiding in die polisiekollege op Warmbad gestasioneer waarna hy in 1990 na Ermelo verplaas is.

In 1992 is hy na die K9-eenheid op Ermelo verplaas waar hy sy roeping as polisieman en hondehanteerder kon uitleef.

Hy is in 2000 na die rang van adjudant-offisier bevorder.

“Dit was vir my uiters bevredig-end om deur die jare met die honde te werk en daar het ‘n hegte band tussen my en my honde ontstaan. Saam het ons baie suksesse behaal. Twee honde wat vir my uitstaan, was Caesar, ‘n patrollie-springstof-hond wat my eerste hond was en Rocco, ‘n gespesialiseerde springstofhond,” het kapt. Mostert vertel.

“Ek wil graag van die geleentheid gebruik maak om die mense van Ermelo te groet. Ek het baie lekker hier gewerk en sal altyd ‘n plekkie in my hart vir Ermelo en sy mense koester.”

Related Articles

Back to top button