NewsSchools

0/16A-Liggies deel hokkietrofee

Al die spanne moes twee wedstryde op een dag speel, wat groot eise aan die spelers en afrigters gestel het.

Die halfeind- en eindwedstryde van die Mpumalanga-hokkieliga het Saterdag by Hockey Farm in Witbank plaasgevind.

Al die spanne moes twee wedstryde op een dag speel, wat groot eise aan die spelers en afrigters gestel het.

0/14A: Die Liggies het in die halfeindwedstryd teen Hoërskool Middelburg 1-0 verloor. Die span beklee die derde plek in Mpumalanga en gaan aan die Noordvaal-toernooi deelneem.

0/ 16A: Ligbron se 0/16A-hokkiespan het in die halfeindwedstryd teen EHS te staan gekom en met 1-0 gewen nadat daar teen rustyd aangeteken is nie.

Marisca Stander het die wendoel in die tweede helfte aangeteken.

Daarna het die Liggies in die eindstryd teen Nelspruit gespeel en die beker met Hoërskool Nelspruit gedeel nadat albei spanne 1-1 gelykop geëndig het. Annika Jacobsz het Ligbron se doel aangeteken.

Die twee spanne is gesamentlike houers van die eerste plek in Mpumalanga. Die span sal van 5 tot 9 Augustus op Randburg aan die Noordvaal toernooi deelneem.

1stes: Ligbron se eeste span het teen Hoërskool Secunda gespeel om die vyfde en sesde plekke te bepaal. Die Liggies het die wedstryd 1-2 verloor en eindig in die sesde plek in die liga.

Related Articles

Back to top button