Local newsNews

Polisiewoordvoerder verwerf graad in kommunikasiewetenskap

Sy het reeds 23 jaar diens in die polisie.

Die polisie se woordvoerder op Ermelo, Kapt. Carla Prinsloo, het pas ‘n B.A.-graad in Kommunikasiewetenskap aan die Universiteit van Suid-Afrika (UNISA) verwerf. Sy is ook die houer van ‘n B.A.-graad in politieke wetenskap.

Kapt. Prinsloo het nĆ” haar matriekjaar by die polisiediens aangesluit en afgesien van ‘n tydperk van drie jaar wat sy vroeĆ«r voltyds aan haar studies gewy het, het sy reeds 23 jaar diens in die polisie.

Sy het in 1994 diens as polisiewoord-voerder op Ermelo aanvaar.

“Ek geniet my werk as woordvoerder waar ek nie slegs navrae kry van en onderhoude voer met koerant-, radio- of televisiejoernaliste nie, maar ook met rolspelers in die gemeenskap.

“‘n Belangrike deel van my werk behels interne skakeling tussen die verskillende departemente in die polisiediens.”

Carla is die ma van twee kinders, ‘n seun en ‘n dogter, wat albei aan HoĆ«rskool Ermelo gematrikuleer het en tans voltyds studeer.

Related Articles

Back to top button