Local newsNews

Kids For Christ bederf seniors

Die groep jongmense het vroegoggend by die bejaardes ingeloer waar hulle pannekoek uitgedeel het en saam uit die Bybel gelees en gebid het.

Kids For Christ is die geesteskind van Annemarie Prinsloo wat geïnspireer is deur ‘n pastoor wat voor die eksamen ‘n praatjie by haar skool gelewer het om uit te reik na ander.

Sy het daar en dan ‘n groep vriende bymekaar gekry en met die hulp van haar twee jonger broers, JD en CJ, besluit om hul eerste uitreiking op Jeugdag saam met die inwoners van die SAVF-Huis te vier.

Die groep jongmense het vroegoggend by die bejaardes ingeloer waar hulle pannekoek uitgedeel het en saam uit die Bybel gelees en gebid het.

Ná die lekker kuier het die groepie die oggend afgesluit met gewyde sang en gebed.

Kids For Christ beplan reeds aan hul volgende uitreiking en hoop om die kinderhuis binnekort te besoek om hulle van die Here te vertel en sommer net te bederf.

Related Articles

Back to top button