Local newsNews

Sarah groet gemeenskap

Sarah het 36 jaar gelede uit die Noord-Kaap hier aangeland en met haar sprankelende persoonlikheid en suiwer Afrikaans het sy sommer gou indie gemeenskap se harte ingekruip.

Die tyd het aangebreek vir Sarah McDonald om die tuig neer te lê en Ermelo te verruil vir haar geboortedorp, Postmasburg.

Sarah het 36 jaar gelede uit die Noord-Kaap hier aangeland en met haar sprankelende persoonlikheid en suiwer Afrikaans het sy sommer gou indie gemeenskap se harte ingekruip.

Sy het by Carl’s Restaurant, The Owl’s Nest en Cronje’s Apteek gewerk voordat sy 27 jaar gelede by Eerste Nasionale Bank (ENB) se distrikskantoor as algemene werker begin het.

In 2000 is sy terug na ENB se hooftak waar sy van algemene werk tot kliëntediens gedoen het.

“Ek het iets van alles gedoen, ek het met baie kliënte en by die OTM’s gewerk en dit was vir my ‘n groot plesier om almal te help.

Ek sê baie dankie vir Ermelo se gemeenskap vir hul ondersteuning en liefde deur die jare.” sê die borrelende Sarah.

Sarah beplan om nog tot Januarie in Ermelo te bly datsy terugkeer na haar geboortedorp waar sy grootgeword het.

Sy vertel dat sy 19 was toe sy Ermelo toe gekom het. “Ek het saam met die Ermeloërs oud geword en tree nou saam met hulle af.”

Sarah is baie dankbaar vir al die liefde en ondersteuning wat die personeel by ENB vir haar oor die jare gegee het en bedank elkeen wat haar so mooi geleer het.

Sy is ‘n gelowige mens met ‘n groot liefde vir die Here en glo reg is reg en verkeerd is verkeerd.

Haar leuse is “werk hard, niks is verniet nie en doen alles met oorgawe”.

Sarah is baie opgewonde om nou tyd te hê vir die dinge wat sy geniet soos koekbak. Sy sien ook daarna uit om saam met haar ma te stap en huis skoon te maak.

“Ek’s baie lief vir skoonmaak.”

Sarah se vriendelike gesig en geselsies sal beslis gemis word, maar sy belowe dat sy wel sal kom kuier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button