NewsSchools

Ligbron eerste rugbyspan tem Volksrust

Die John Wright Veneers eerste rugbyspan het hulle goeie vertoning in die huidige ligaseisoen voortgesit.

Ligbron Akademie vir Tegnologie se rugby-, hokkie- en netbalspanne het Saterdag teen Hoërskool Volksrust te staan gekom in die volgende rondte van die Mpumalanga Grootskole Liga.

Die wedstryde is op Volksrust gespeel.

Die John Wright Veneers eerste rugbyspan het hulle goeie vertoning in die huidige ligaseisoen voortgesit en hulle wedstryd 29 – 8 gewen.

Ligbron se puntemakers was Marnus Scheepers wat twee drieë gedruk het, Gert Cronjé, Calvin Clack elk met ‘n drie en Nicky Janse van Rensburg wat met drie doelskoppe en ‘n strafdoel geslaag het.
Die Kibela tweede span het met puik hardlooprugby ‘n reusetelling teen hul teenstanders opgestapel en die wedstryd met 62 – 7 gewen.

Ander tellings was: 0/14A wen 17 – 22, 0/15A wen 34 – 0, 0/15B vs Volksrust 0/16A 0 – 0.

Die Liggie-netbaldogters is besig om momentum op te bou vir die liga en proewe wat voorlê en die volgende tellings is behaal:
Eerste span wen 48 – 7, tweede span (vriendskaplik) verloor 9 – 10, 0/15A wen 16 – 7 en 0/14A wen 30 – 4.

Om Hoërskool Volksrust se hokkiespanne op hulle tuisveld aan te durf, is altyd ‘n groot uitdaging, maar Ligbron se hokkiespanne het hulle baie goed van hulle taak gekwyt.

Die tellings was soos volg: eerstes verloor 2 – 1, tweedes verloor 0 – 2, 0/16 wen 1 – 0, 0/15 verloor 4 – 1 en 0/14 wen 1 – 0.

Related Articles

Back to top button