CrimeNews

Booswig skuil onder bed

Die booswig het by ’n oop deur van ’n huis ingehardloop en onder ’n bed geskuil.

Die publiek word weer eens gewaarsku om veiligheidsmaatreëls in en om die huis te verskerp.
Dit volg na verskeie onlangse voorvalle van huisbraak.

In ‘n onlangse voorval in Cachetstraat het ‘n huisbewoner ‘n verdagte onder ‘n bed in sy huis betrap. Die verdagte is deur veiligheidspersoneel gejaag toe hy by die huis ingehardloop het om weg te kruip. Die voorval het gedurende die dag gebeur.

Die verdagte het weer laat spaander, maar is deur die veilgheidswagte aangekeer.
‘n Buurvrou het vertel dat die verdagte wat na bewering ‘n selfoon gesteel het, by ‘n oop deur van die huis ingehardloop het.

“Ek wil ‘n ernstige pleidooi lewer aan die publiek, veral mense wat bedags by die huis is, om hulle deure en veiligheidshekke ten alle tyd gesluit te hou. Hier het ‘n verdagte by ‘n oop deur van vreemde huis ingehardloop. Dit kan baie gevaarlik wees, veral vir enkellopendes en bejaardes. Die skelms wag nie meer vir die donker nie” het sy gesê.

Related Articles

Back to top button