NewsSchools

Pa en seun dien in atletiekkomitee

Mnr. Bates het sy opgewondenheid uitgespreek oor die nuwe uitdaging en sien veral uit om met die hoërskole en spesiale skole saam te werk

’n Besondere eer het Laerskool Breyten te beurt geval toe die hoof, mnr. Louis Bates, en sy onderwyserseun, Louis, tydens ’n stigtingsvergadering van ’n oorkoepelende skoleatletiek en -landloopkomitee as voorsitters in hul onderskeie hoedanighede gekies is.

Die vergadering is op 11 Mei op Belfast gehou en het ten doel gehad om atletiek in laerskole, hoërskole en spesiale skole onder een sambreel saam te snoer.

Mnr. Louis Bates (snr) is verkies as die eerste voorsitter van die uitvoerende komitee en mnr. Louis Bates (jnr) is voorsitter belas met landloop.

Mnr. Bates (snr.) het sy opgewondenheid uitgespreek oor die nuwe uitdaging en sien veral uit om met die hoërskole en spesiale skole saam te werk. Hy gaan hom in sy ampstermyn beywer om meer geleenthede vir die opleiding van afrigters en tegniese beamptes te bied.

Die 11 komiteelede is mnr. L.L. Bates (voorsitter), mnr. Derek Mdluli (ondervoorsitter), me. Erika Clarence (algemene sekretaresse), me. Pam Tshabalala (notulesekretaresse), me. Maria Mothoa (tesourier), mnr. Sonnyboy Nkuna (laerskole), mnr. D.P Badenhorst (hoërskole), mnr. Louis Bates (jnr) (landloop), mnr. Gatsha Ngwenya (afrigting), mnr. Hloni Nkosi (tegniese beamptes) en mnr. Christo Strydom (spesiale skole).

 

Related Articles

Back to top button