GeneralNews

Pumas wen stryd op Loftus

Die Bulle was op die dag hulle eie beste vyand en Steval Pumas stap weg met 'n 25-13 oorwinning.

Persverklaring:

Vodacom Blou Bulle vs StevalPumas

Provinsiale kwalifiserende ronde 6

Loftus Versveld, Pretoria, 13 Mei, 2016

PRETORIA- Dit was maar ‘n moeilike begin vir die Steval Pumas  op Loftus Versveld, met die Vodacom Blou Bulle wat verwoed aangeval het vir meer as 20 minute, voor die eerste punte op die telboord verskyn het.

Die Blou Bulle se Marquit September het sy middelveld verdediging in vlarde gehardloop met ‘n kraglopie vir ‘n prag drie.

Joshua Stander het die nodige twee punte bygevoeg.

Vier minute later het Stander nog drie punte deur die pale gejaag om die Bulle met 10-0 voor te laat loop.

Maar die Pumas het eweskielik vuur begin kry en Frank Herne het die driefees geopen met ‘n puik voorspelerdryfdrie.

In ‘n bestek van vier minute het die Pumas daarin geslaag om nog twee keer oor die doellyn te kom.

Reynier van Rooyen, wat in sy 50ste wedstryd speelhet in die 33ste  minuut sy drie gaan druk, met Marcello Sampson wat drie minute later sy drie kon kry.

Justin van Staden het egter bietjie met sy korrel gesukkel maar het  op die rustydhoeter nog drie punte vir sy span aangeteken vir ‘n rustydtelling van 15-13.

Die tweede helfte het die Pumas meeste van die balbesit gehad en met tye briljante rugby gespeel.

Weereens het dit 14 minute geneem voor die eerste punte aangeteken kon word.

Justin van Staden was suksesvol met ‘n strafskop, waarna hy ‘n redelike lang strafskop net-net gemis het in die 21ste minuut.

Hoffmann Maritz het in die 24ste minuut die bonuspuntdrie gaan druk met Van Staden wat die nodige punte bygevoeg het.

Die Bulle was op die dag hulle eie beste vyand met verspeelde kanse en tonne hanteringsfoute.

Die Steval Pumas stap weg met ‘n welverdiende 25-13 oorwinning.

lndividuele prestasies van die dag:

Reynier van Rooyen – 50ste wedstryd in ‘n Pumatrui.

Marnus Schoeman -100ste provinsiale wedstryd.

Jacques  Kotze- eerste wedstryd in ‘n StevalPumastrui.

 

Verloop van die wedstryd:

Eerste helfte:

Driee:

StevalPumas: Frank Herne (28min). Reynier van Rooyen (33min)

Vodacom Blou Bulle:Marquit September (23min)

Verdoelskoppe:

StevalPumas:

Vodacom Blou Bulle: Joshua Stander (1)

Strafskoppe:

StevalPumas:

Vodacom Blou Bulle: Joshua Stander (2)

Rustydtelling: 15-13 (StevalPumas)

Tweede helfte:

Driee:

StevalPumas: Hoffmann Maritz (24min)

Vodacom Blou Bulle:

Verdoelskoppe:

StevalPumas: Justin van Staden (1)

Vodacom Blou Bulle:

Strafskoppe:

StevalPumas: Justin van Staden (14 min)

Vodacom Blou Bulle:

Eindtelling:25-13 (StevalPumas)

Die volgende wedstryd van die Steval Pumas is op 20 Mei in Nelspruit waar hulle teen die DHL Westelike Provinsie gaan speel. Afskop vir die kragmeting is om 19:00.

Related Articles

Back to top button