Local newsNews

Mosambiek “Bucketlist” – Nuus uit die kamp deel 1

Die eerste wens op hul kluitklaplys is afgemerk.

Die eerste 2000km  is agter die rug en die drie moë manne is veilig in die Gorongoza Nasionale Park waar hulle hul eerste episode vir die Leef jou droom program sal voltooi.

Die pad was nie sonder hindernisse nie en Marius vertel van die polisie wat hulle bykans elke 10km voorgekeer het en omkoopgeld geëis het.

Die gedurige oponthoud oppad was die oorsaak dat hul die veerboot  wat hulle oor die Savannarivier na hul eerste oornagpunt moes neem verpas het.

Noodgedwonge moes hulle langs die oewer in die bosse tent opslaan vir hul eerste nagrus.

In die Sofala Provinsie waarin hulle hul tans bevind is die wonde van die 16 jaar-lange siviele oorlog wat in 1992 geëindig het steeds rou met rebelle groepe wat steeds die gebied teister.

Dus moes die manne die volgende oggend voor 09:00 by die dorp se ingang rapporteer om deur die weermag tot in Gorongoza vergesel te word.

Marius vertel dat dat hul gelukkig was om voor in dié konvooi bestaande uit 100 plus voertuie te beland.

Volgens Marius het hul eerste indrukke op armoede gedui. “Daar is letterlik niks nie en jy is gelukkig as jy ’n Spaza winkeljie raak loop. Die mense leef van die hand na die mond. Maar die natuurskoon is asemrowend, groen, ryg en boomryk. Dis ook vrek warm hier,” het hy vertel.

Hou gerus die Hoëvelder se web-en facebookblad dop vir gereelde nuus uit die kamp. Die drie se vordering kan ook gevolg word op facebook by Mozambique Bucket-List-Leef jou droom.

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button