Editor's choiceLocal newsNews

Gemeenskap reageer oor straatname

"Die geld kan eerder op die opheffing van die armer gemeenskap bestee word en die opgradering van munisipale dienste en infrastrukture wat toegelaat is om te verval."

Die voorneme van die Musukaligwa Munisipaliteit om verskeie straatname in Ermelo te verander, het wye reaksie van die gemeenskap ontlok.

Terwyl sommige meen dit is ‘n nodige stap om kwetsende bande met die verlede te breek, is daar ander wat hewig daarteen gekant is.

Van die menings wat gelug is, is dat die geld eerder op die opheffing van die armer gemeenskap bestee kon word en die opgradering van munisipale dienste en infrastrukture wat toegelaat is om te verval.

Slaggate in die strate, sypaadjies wat met gras en onkruid toegegroei is, riool- en watertoevoerpype wat verouderd is en vervang moet word, straatligte wat jare reeds buite werking is of platgery is, kragverspreidingsbokse wat oopstaan en onwettige kragaan-
sluitings uitlok, is van die toestande wat uitgelig is.

Die Hoëvelder het ‘n besoek ontvang van ‘n plakkershutbewoner wat reeds langer as twee jaar wag dat munisipale dienste, soos water, krag en rioolafvoer by sy toegewysde erf in Wesselton aangebring moet word.

Skaars ‘n klipgooi daarvandaan is die impossante Gert Sibande Distriksmunisipaliteit-gebou wat etlike jare gelede teen ‘n koste van honderde miljoene rand opgerig is.

“Hoekom moet ons in dié omstandighede woon, terwyl daar geld bestee kan word op luukshede vir ‘n paar uitgesoektes in die top-struktuur en op minder belangrike kwessies soos straatnaamveranderings?” wou die ontstelde inwoner weet.

Related Articles

Back to top button