CrimeEditor's choiceNews

Vrou skuldig aan manslag

’n 16-jarige leerder van Ligbron Akademie vir Tegnologie is in Julie 2015 op slag dood in 'n botsing wat Ndlovu veroorsaak het.

‘n Vrou van Ermelo, Medrin Ndlovu (49), is Maandag 22 Februarie skuldig bevind op ‘n klag van strafbare manslag.

Sy moet weer op 8 Maart in die hof op Ermelo verskyn vir vonnisoplegging.

Die saak spruit uit ‘n voorval op 12 Julie verlede jaar toe ‘n 16-jarige leerder van Ligbron Akademie vir Tegnologie, Stiaan Schoeman, op slag dood is in ‘n botsing wat Ndlovu veroorsaak het.

Stiaan en sy boesemvriend, Armand Hellmuth (17), het op ‘n motorfiets gery toe Ndlovu op die hoek van Kerk- en MacDonaldstraat met haar motor voor hulle ingedraai het.

Armand, wat ‘n kranige rugbyspeler was en vir sy skool se eerste span asook die Pumas se 0/18-span gespeel het, is ernstig beseer en het enkele dae lank in ‘n bedenklike toestand verkeer.

Hy sukkel sedertdien met ‘n verswakte linkerhand en mag nie meer aan sport deelneem nie.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Related Articles

Back to top button