Local newsNews

Kweek groente in ‘n mini-tuin

Sy "tuin" is 'n smal strokie grond, tussen 12 en 15 cm breed en sowat 30 m lank

Met lewenskoste wat die hoogte inskiet, raak dit, veral vir pensioenarisse, al hoe moeiliker om te oorleef.

‘n Boer maak egter ‘n plan as die nood druk.

‘n Woonstelbewoner van die SAVF-Huis, die 89-jarige mnr. Sarel van Jaarsveld wat lank in die distrik Utrecht geboer het, het ‘n oplossing om die las ietwat te verlig.

Hy kweek sy eie groente: boontjies, tamaties, uie en eiervrugte,

Sy “tuin” is ‘n smal strokie grond, tussen 12 en 15 cm breed en sowat 30 m lank, begrens deur ‘n betonmuur aan die suide- en plaveisel aan die noordekant.

Sarel skryf sy sukses wat hy met groenteverbouing op die klein stukkie grond behaal, aan sy boerdery-ervaring toe.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Related Articles

Back to top button