CrimeNewsBreaking News

Bejaardes op plaas by Chrissiesmeer beroof

Die verdagtes deur die vinnige reaksie en goeie samewerking van die plaaswaglede met die gesteelde goedere in hul besit betrap.

 

Vier verdagtes is deur lede van die boeregemeenskap en polisie aangekeer kort nadat ’n bejaarde egpaar, Herman en Ona Enslin, van ’n plaas naby Chrissiesmeer (Mpumalanga) vroeg vanoggend (Saterdag) in hul huis oorompel, vasgebind en beroof is.

Die egpaar is nie ernstig in die voorval beseer nie.

Verskeie goedere, insluitend ’n vuurwapen en kontant is buitgemaak.

Die verdagtes is egter deur die vinnige reaksie en goeie samewerking van die plaaswaglede met die gesteelde goedere in hul besit betrap.

Volgens mnr. Henry Geldenhuys, Voorsitter Veiligheid TLU SA,  is twee van die verdagtes aangekeer vir ondervraaging en twee kan op dié stadium met redelike sekerheid met die voorvalval verbind word.

Verdere besonderhede volg sodra beskikbaar.

Related Articles

Back to top button