Local newsNews

Gras groei nie onder sy voete nie

Die "trekkertjie" het 'n groot deel gevorm van sy kinders se grootworddae en hulle het eindelose pret gehad op die waentjie wat Jan spesiaal vir hulle gebou het om agter die trekker te sleep.

Jan Labuschagne is beslis nie ‘n man wat die gras onder sy voete laat groei nie en toe sy “trekkertjie” ná 31 jaar se getroue diens groet, het hy plan gemaak.

Jan het sy Mirage-grassnyer 31 jaar gelede teen R1 600 gekoop en met die koste van R30 000 of meer om hom te vervang, het hy besluit om self nuwe lewe in die ou staatmaker se enjin te sit.

Hy sê hy is die enigste persoon wat die “trekkertjie” bestuur het, behalwe sy seun wat as kind die voorreg gehad het.

Die “trekkertjie” het ‘n groot deel gevorm van sy kinders se grootworddae en hulle het eindelose pret gehad op die waentjie wat Jan spesiaal vir hulle gebou het om agter die trekker te sleep.

Kinders speel vandag nog op die sleepwa wat self nog ‘n hele paar jaar diens oor het.

Jan vertel laggend van sy kinders wat vra wanneer hy gaan ophou om self gras te sny.

Sy antwoord is altyd: “As die ‘trekkertjie’ nie meer kan nie.”

Nou, met ‘n nuwe enjin, brandstoftenk en ‘n vars laag bloedrooi verf, is die grassnyer reg vir nog 30 jaar se sny.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

IMG_4

 

IMG_2

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button