Local newsNews

Maj Schilling groet Ermelo

Die gewilde polisieman het diep spore in die gemeenskap van Ermelo getrap.

Die onlangse bevorderings in die polisiediens het meegebring dat die geliefde en gerespekteerde bevelvoerder van die K9-eenheid op Ermelo, maj. Ronnie Schilling, eersdaags na Witrivier verhuis.

Sy vrou, Beatrice, was aan dieselfde eenheid verbonde waar sy in die administrasiekantoor gewerk het.

Met sy bevordering van kaptein na majoor is dié gewilde polisieman na Witrivier verplaas waar hy as bevelvoerder van die Mpumalanga Honde-eenheid diens sal aanvaar.

Maj. Schilling, “Kaptein Ronnie” soos hy voor die jongste bevordering aan Ermeloërs bekend was, is in 1993 na die K9-eenheid as adjudant-offisier hierheen verplaas en het sedertdien diep spore in die gemeenskap van Ermelo getrap.

Sy passie vir diere en veral honde het hy reeds as kind ontwikkel en hy het vroeg al geweet hy wil as polisieman met honde werk.

Van die vele hoogtepunte wat hy in sy termyn by die Ermelo-eenheid beleef het, staan die toekenning wat die eenheid van die Tracker-voertuigopsporingsmaatskappy ontvang het vir hom uit.

“Om as die beste Tracker-eenheid in die land beskou te word, was vir my en lede van my eenheid voorwaar ‘n groot eer. Dit het wel vir my as bevelvoerder die geleentheid gegee on na Amerika toe te gaan, maar dit was ook te danke aan die puik spanpoging en toewyding van die eenheid se lede dat ons dié besonderse toekenning ontvang het,” het hy gesê.

“Dit was vir my en my vrou ‘n absolute voorreg om in Ermelo te kon woon en werk en die gemeenskap te kon dien en ons groet met ‘n swaar hart.

Uit die aard van my werk sal ek seker af en toe weer kom besoek aflê in Ermelo, so dit is tot siens en nie vaarwel nie.

“Dankie aan almal wat vir ons so goed was in ons tyd hier,”

 

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Related Articles

Back to top button