Editor's choiceLocal newsNews

Little Miss Petite SA by Landboufees

Zané Kleynhans sal vir die eerste keer in haar amptelike hoedanigheid as Little Miss Petite South Africa 2016 as BBP in Ermelo te sien wees.

Die Hoëveld Landboufees van 3 tot Maart sal vanjaar oudergewoonte weer ‘n Mej. Landboufees kroon.

Skougangers kan uitsien na ‘n skoonheidskompetisie met styl, waar jong dames beoordeel sal word op hul netjiese voorkoms, selfvertroue, persoonlikheid en sprankel.

Zané Kleynhans sal vir die eerste keer in haar amptelike hoedanigheid as Little Miss Petite South Africa 2016 as BBP in Ermelo  te sien wees.

Blush Models bied dié jaar se kompetisie op 5 Maart op die die skouterrein se hoofverhoog aan.

Meisies kan in die volgende kategorieë deelneem: 3-6, 7-10, 11-13, 14-16 en 17 jaar en ouer. Die tema en kleredrag is khaki (verteenwoordig die landbou) en denim (verteenwoordig die plaas).

Inskrywings sluit op 1 Maart. Laat inskrywings sowel as inskrywings deur getroude of swanger vroue sal nie aanvaar word nie.
Inskrywingsvorms en kompetisiereëls is verkrygbaar op die skou se webblad: www.ermeloskou.co.za, tel no: 071 691 7747.
Vorms kan ook by Blush Models: Ligbron afgehaal word of skakel Allison by 082 395 0055.

Toegangsgeld vir die Landboufees is dié jaar verlaag en volwassenses kan vermaak uit die boonste rakke vir slegs R50.00 per dag geniet.

Skoolgaande kinders betaal R30 per dag en skoolgroepe (Donderdag en Vrydag) R20 per kind.

Pensioenarisse (65+) en voorskoolse kinders se toegang is gratis. Pensioenarisse moet bewys van ouderdom lewer.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Related Articles

Back to top button