Local newsNews

Afsny van bome ontstig gemeenskap

Dit is duidelik dat die behoud van die natuur en beskerming van diere baie ná aan die hart van ons lesers lê.

Die berig “Trees must fall?” in verlede week se Hoëvelder het wye reaksie van lesers ontlok.

Die berig, wat gehandel het oor die afsny van sekere bome langs die Petdam, het ook op die Hoëvelder se sosiale media en webwerf verskyn en het duisende lesers warm onder hul krae gehad.

Op die Facebook-blad is die berig, asook ‘n brief van ‘n leser wat sy onsteltenis oor die gebeure te kenne gee, gesamentlik 3 770 keer gelees en tientalle mense het hul misnoeë met die verloop van sake te kenne gegee deur kommentaar te lewer.

Dit is duidelik dat die behoud van die natuur en beskerming van diere baie ná aan die hart van ons lesers lê.

Die volgende is ‘n paar van die menings wat deur lesers gelug is.

Tanya Loubser Conradie: Ja, dis so. My man Hennie was een van net twee mense wat regtigwaar probeer het om die klomp te stop met wat hulle doen en toe byna handgemeen begin raak het. Hy het 70 kleintjies opgetel waarvan een dood is op pad en die mense in Dullstroom moes nog twee uitsit.

Ruanette Kruger: O, my liewe aarde! Ek raak so briesend kwaad as daar aan die natuur gekarring word waar dit nie moet nie! Dit was ‘n absolute wreedaardige daad wat daai mense gedoen het! Hoe kan jy daar staan en ‘n boom afsny, wetend dat daar lewende diere is wat kan seerkry! Dis wreed en gewetenloos! Ek moes my nou mooi in toom hou om nie verskriklike vieslike goed hier kwyt te raak nie!

Madelein Vosloo: Pleks werk hulle aan ons dorp se gate wat damme in die pad is, maar nee, n**k die natuur op,en trek hulle skouers op..niks beters om te doen as om als op te n**k en onder bome te lê en slaap

Mabhiza Mshengu: Looks like people still do not understand how nature is very important in life.

Gerda Jaco Potgieter: En raai wat? Hulle gaan almal skotvry daarvan afkom….. maak my so die h*l in!!!!!!!!!!!!!

Cindy Hattingh: Ag, dis so onnodig. Dit het die Petdam karakter gegee, nou gaan mens net die rommel sien. Plaas maak hulle paaie reg en los die bome uit.

Nadia Jongh-Visscher: Hoe kan hulle ‘n boom afsny wat so vol lewe is??? Nee man!!!! Ek sê ek kan dit nie glo nie.

Ansie van der Merwe: Ek hoop die “comments” kom by die regte mense uit….maar, ja, sal dit ‘n verskil maak? Dis geen wonder ons land is in die gemors wat hy is. Dankie aan julle wat die klein wesies gered het. Hoe sal hulle voel as hulle huise so afgebreek word…..dis dieselfde…..ek was moerig.

Christene Schoonbee: Damage has been done !!!!

Thabo Nkabinde: For the why?

Carla Hartley: Ek gaan nie eers kommentaar lewer nie….dit maak my de d&^$&r in.

Chrissie Maree: Haai, sies, dis wreed!

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button