Local newsNewsSchools

Pak ’n gebalanseerde kosblik vir jou kind

Moenie ’n vervelige kosblik pak nie.

Vir matrikulante is vanjaar die laaste jaar, maar vir gr.1 leerlinge is dit net die begin.

Die een ding wat albei groepe se ouers slapelose nagte gee, is die kosblik.

Dis maklik om vir jou kind geld te gee sodat hy/sy iets kan koop om te eet, maar jy wil ook nie jou kind vergiftig met ongesonde kos nie.

Dit is baie moeite om peuselhappies vir ‘n kosblik te koop, maar onthou dat jou kind se kosblik sy middagete vir die dag bevat.

Die belangrikste is om ‘n gebalanseerde kosblik te pak.

‘n Middagete, ‘n peuselhappie, ‘n vrug en iets om te drink is nodig.

As jou kind aktief is, maak seker om ‘n ekstra peuselhappie in te pak.

Moenie ‘n vervelige kosblik pak nie.

‘n Kosblik met kleur is een wat vinnig geëet sal word.

Met groente en vrugte kan jy ‘n kosblik baie kleur gee en as dit lekker lyk, sal jou kind dit eet.

Gebruik koekiedrukkers om die toebroodjies opwindend te maak.

Maak seker die kosblik is nie elke dag dieselfde nie. Probeer om drie verskillend kossoorte daagliks te pak.

Die kos moet maklik wees om te eet.

Sny die vrugte vooraf in kleiner stukkies sodat jou kind dit makliker kan eet.

Niemand wil met ‘n lemoenskil sukkel as daar soveel is om te doen gedurende pouse nie.

Om seker te maak jou kind eet elke dag, laat hom/haar self kies wat hy/sy wil eet.

Maak ‘n lys van wat jy in sy/haar kosblik wil pak. Maak seker daar is nie ongesonde kos op die lys nie en so kan jou kind ook gesonde eetgewoontes aanleer.

Bederf jou kind een keer ‘n week met ‘n lekkerny.

Maak ‘n reël met jou kind dat as hy/sy deur die week elke dag sy/haar kos eet, sal hy/sy op Vrydae ‘n lekkerny in die kosblik hê. So weet jy dat jou kind weekliks sy/haar kos sal eet.

8722414810_8aeff449_05547-270x203
Gebruik koekiedrukkers om die toebroodjies opwindend te maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button