Liggaam in woonstel gekry

'n Kamerdeur is oopgedwing en daar is op die lyk afgekom.

Die lyk van ‘n 29-jarige man, mnr. Jacobus Johannes Lombard, is Maandagoggend omstreeks 11:00 met ‘n kopwond in ‘n woonstel in Robertsonstraat gekry.

Polisiewoordvoerder op Ermelo, kapt. Carla Prinsloo, het gesê kollegas het ondersoek ingestel nadat hy nie vir werk opgedaag en nie op telefoonoproepe gereageer het nie.

Onraad is vermoed toe voertuie buite die geslote woonstel gekry is.

‘n Kamerdeur is oopgedwing en daar is op die lyk afgekom.

Die polisie vermoed geen gemene spel nie.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Exit mobile version