Ligbron Akademie vir Tegnologie is met reg trots op die matriek-klas van 2015 wat ’n algehele slaagsyfer van 99.41% behaal het.
Hafsa Jadwat is vanjaar Ligbron se top presteerder met sewe onderskeidings en ’n gemiddelde punt van 92.7%
Sy het ’n ongelooflike 99% vir wiskunde behaal, die derde beste wiskundepunt in Mpumalanga. Hafsa spog ook met 97% vir IGO, 97% vir fisiese wetenskap, 94% vir Engels (huistaal), 93% vir Afrikaans (eerste addisionele taal), 92% vir lewenswetenskap en 87% vir lewensorientering.
Nog ’n slimkop van Ligbron is Raeesa Seedat wat onderskeidings behaal het in al agt vakke wat sy aangepak het.
Die finale uitslae van die top-presteerders sal Donderdag bekend gemaak word.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590