GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

Ligbron trots op 2015 matrieks

Hafsa Jadwat spog met ’n wiskundepunt van 99%, die derde beste in Mpumalanga.

Ligbron Akademie vir Tegnologie is met reg trots op die matriek-klas van 2015 wat ’n algehele slaagsyfer van 99.41% behaal het.

Hafsa Jadwat is vanjaar Ligbron se top presteerder met sewe onderskeidings en ’n gemiddelde punt van 92.7%

Sy het ’n ongelooflike 99% vir wiskunde behaal, die derde beste wiskundepunt in Mpumalanga. Hafsa spog ook met 97% vir IGO, 97% vir fisiese wetenskap, 94% vir Engels (huistaal),  93% vir Afrikaans (eerste addisionele taal), 92% vir lewenswetenskap en 87% vir lewensorientering.

Nog ’n slimkop van Ligbron is Raeesa Seedat wat onderskeidings behaal het in al agt vakke wat sy aangepak het.

Die finale uitslae van die top-presteerders sal Donderdag bekend gemaak word.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button