CrimeLocal newsNews

TLU SA ondersoek “Redelike mens optrede”

Daar het reeds vyf plaasmoorde en 18 aangemelde plaasaanvalle in Desember plaasgevind.

TLU SA se Veiligheidskomitee het tydens ’n spoedvergadering wat in Pretoria gehou is, onderneem om die “redelike mens” se optrede tydens plaasaanvalle juridies te ondersoek.

Dit was een van die besluite wat geneem is tydens die vergadering wat gehou is om die onaanvaarbare stand van geweldsmisdaad op plase en landbouhoewes aan te spreek.

Volgens ’n persverklaring wat deur TLU SA uitgereik is, het plaasaanvalle en moorde die afgelope maand ’n skerp toename getoon en tot dusver is 62 mense vanjaar in plaasaanvalle vermoor.

In November alleen is sewe mense op plase vermoor, terwyl daar 31 plaasaanvalle was waarvan TLU SA bewus is.

Daar het reeds vyf plaasmoorde en 18 aangemelde plaasaanvalle in Desember plaasgevind.

TLU SA eis dat die politieke leierskap van die land, in besonder die President en sy kabinet, hulself duidelik uitspreek en dit in ondubbelsinnige terme verdoem en verwerp.

“Dit is onaanvaarbaar dat die owerheid geen praktiese erns toon om die veilgheid van die land se voedselprodusente te verbeter nie,” sê mnr. Henry Geldenhuys, adjunk-president van TLU SA en voorsitter van die Veilgheidskomitee.

Hy sê die betrokkenheid van die buitelanders, veral Zimbabwiërs, by geweldsmisdade wek ernstige kommer.

“TLU SA oorweeg verskeie optredes om die openbare en internasionale aandag te focus op die lot van plaasbewoners, die buitengewone wreedardige aard van die misdade en, in baie gevalle, die onbevredigende reaksie van die polise.

“Benewens die onmiddelike opskerping van veiligheidsmaatreëls, beplan TLU SA om regsadvies in te win ten opsigte van wat onder sulke omstandighede die optrede van die ‘redelike mens” sou wees wanneer geweldsmisdaad dreig en tot welke mate die optredes van misdadigers grens aan ‘terrorisme’”, sê mnr. Geldenhuys.

Hy het ’n beroep op boere gemaak om veiligheidsmaatreëls op te skerp en om uiters paraat te wees oor die feesgety.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Related Articles

Back to top button