Editor's choiceLocal newsNews

Radio Ermelo van die lug af

Volgens OKOSA het Radio Ermelo die Elektroniese Kommunikasiewet oortree deurdat uitsendings sedert 2013 sonder ’n geldige uitsaailisensie geskied het

Radio Ermelo 104.0 FM se stem is stil.

Dit kom nadat die Onafhanklike Kommunikasie Owerheid van Suid-Afrika (OKOSA) onlangs ingegryp het en die plaaslike radiostasie se bestuur beveel het om alle uitsendings onmiddelik te staak.

Volgens ’n skrywe van OKOSA het Radio Ermelo bepalings 7,31, 32, 63 (2) en (3) van die Elektroniese Kommunikasiewet oortree deurdat gereelde uitsendings sedert 2013 sonder ’n geldige uitsaailisensie geskied het.

OKOSA meld verder dat daar met uitsendigs volgehou is ten spyte van herhaaldelike versoeke aan die bestuur om onwettige uitsendings te staak.

“UKOSA was verskeie keer in verbinding met die bestuur van Radio Ermelo waartydens die reëls en regulasies van die Uitsaaiwet verduidelik is. Hulle het egter verkies om dit te ignorer.

“’n Kriminele saak word ingevolge die oortreding van seksie 7 en 64 van die Elektroniese Kommunikasiewet (ECA) eersdaags by die polisie op Ermelo aanhangig gemaak. Verdere ondersoek sal ook ingestel word,” lui die skrywe voorts.

Op ’n vraag oor wat Radio Ermelo te doen staan voordat uitsendings hervat sal kan word, het ’n woordvoerder van OKOSA gesê daar sal vir ’n nuwe lisensie aansoek gedoen moet word omdat die huidige uitsaailisensie lank reeds verval het en nou permanent herroep is.

indien ’n nuwe lisensie wel toegestaan word sal bepaalde vereistes en voorwaardes ingevolge die die Elektroniese Uitsaaiwet nagekom moet word.

Die bestuurder van Radio Ermelo, mnr. Johan Swart, het in reaksie hierop gesê dit is met leedwese dat hulle die gemeenskap moet meedeel dat Radio Ermelo nie verder mag uitsaai of Pretoria FM mag herlei nie, daar die aansoek vir hernuwing van ’n uitsaailisensie summier afgekeur is.

“Na vele navrae is ons aangeraai om aansoek te doen vir ’n nuwe lisensie wat ons wel ingedien het, maat toe meegedeel is dat die aansoek verlore geraak het. OKOSA het intussen ’n moratorium geplaas op nuwe radiolisensie waarvan ons nie bewus was nie en eers uitgevind het toe hulle instap en ons dreig met regstappe, boetes konfikering van toerusting en arrestasie van direksielede.

“ Die direksie van Radio Ermelo wil hiermee al ons getroue luisteraars, ondersteuners, adverteerders en Uitsaai Winkel ondersteuners bedank vir hulle lojale ondersteuning en bydraes asook omroepers en al die werknemers wat ’n onbaatsugtige diens gelewer het om Radio Ermelo en Pretoria FM vir die gemeenskap op die lug te hou.”

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Related Articles

Back to top button