Local newsNewsUpdate

Ongeluk de Emigratie

Nadat die berig van die ongeluk op die Hoëvelder se sosiale mediablad gepubliseer is is uiteenlopende menings oor die effektiwiteit van die spoedbrekers vanaf lesers ontvang.

Verkeer in de Emigratieweg is verlede Donderdagoggend ontwrig  deur ’n botsing by die ronde metaalspoedbrekers naby die aansluiting met Julianastraat.

Niemand is in die ongeluk beseer nie.

Die spoedbrekers skep dikwels verwarring onder motoriste wat uit Julianastraat draai en voor aankomende verkeer beland, omdat daar dikwels aanvaar word dat alle verkeer by die spoedbrekers gaan stilhou of stadig oorsteek.

Padtekens weerskante van die spoedbrekers dui aan ’n spoedbeperking van 10km per uur.

Nie alle motoriste verminder egter spoed as die spoedbrekers oorgesteek word nie.

Nadat die berig van die ongeluk op die Hoëvelder se sosiale mediablad gepubliseer is is  uiteenlopende menings oor die effektiwiteit van die spoedbrekers vanaf lesers ontvang.

“’n Mens moet stop by ’n stopstraat en nie aaneem iemand  by die spoedbrekers wel stadiger sal ry nie want daar is geen stopteken om te sê mens daar moet stop nie. As jy stop by die spoedbrekers dan is daar 80 persent van die tyd iemand wat amper agter in jou motor vasry want daar is geen stopteken daar nie.  En as daar ’n stopteken is beteken dit stop, en nie toegee nie. Ek het Donderdag drie mense gesien wat nie by Julianalaan se stopstraat gestop het nie,” is die mening van Nadia Jongh-Visscher.

“Die doel van die spoedbrekers  is reeds dat verkeer moet stadig ry, maar mense met groot voertuie dink hul kan maak soos hul wil. Ek dink ook daar moet groter beter spoedbrekers opgesit word saam met ‘n stopteken of verkeerslig. En dink ook die verkeerspersoneel moet meer ingryp op mense wat jaag in dorp en op selfone praat terwyl hulle bestuur, het Petro Weweje Scott laat weet.

“Die inwoners van Julianalaan vra al jare lank vir stop tekens daar (in de Emigratieweg). Iemand sal seker eers hulle lewe daar moet verloor voor dit gebeur,” het Marinda Brits geskryf.

’n Spoedbeperking van 10km/h is van toepassing by die ronde spoedbeperkers in de Emigratieweg.

’n Maksimum spoed van 20km/h is van toepassing by die twee spoedbeperkers in Voortrekkerlaan en by die spoedbeperkerkers in Wesstraat oorkant die Petdam geld ’n spoedgrens van 30 km/h.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Related Articles

Back to top button