Prontuit kuier by Laerskool Breyten

Die insetsel word Woensdag, 9 Desember op kykNET Kanaal 144 uitgesaai.

Die Prontuit-televisiespan het Maandag 23 November ‘n besoek by Laerskool Breyten afgelê.

Prontuit is ‘n televisie-program op kykNET wat Maandagaande om 22:00 uitgesaai word.

Tydens ‘n vorige program is ‘n insetsel uitgesaai wat die loodsing van die Superskool-kompetisie bekendgestel het. Die doel van die kompetisie is om mense bewus te maak van skole in hul omgewing wat hulpbronne benodig.

Die wenskool ontvang dan die hulpbronne wat in die kompetisie aangevra is.

Laerskool Breyten benodig dringend ‘n ander bus, boorgate, toilette op die sportgrond en die skool se dakke moet geverf word.

‘n Motiveringsverslag oor vordering en verbeterings wat die skool self aangepak het, is deur die skoolhoof, mnr. Louis Bates opgestel en hy is deur die adjunkhoof me. Betsie Pieters genomineer.

Tydens die kompetisie is Laerskool Breyten as een van die ses top skole aangewys.

Die aanbieder van Prontuit, Kabous Meiring, was beïndruk met die skool se voorlegging en het ‘n besoek by die skool gereël .

Tydens die span se besoek aan die skool is daar onderhoude met die hoof en personeel gevoer en verskillende tonele is verfilm.

Die insetsel word Woensdag, 9 Desember op kykNET Kanaal 144 uitgesaai.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Exit mobile version