Local newsLocal sportNewsSportUpdate

Onthou raakrugby vir twee Nelson-sussies

Die raak-rugby toernooi is ten bate van die Nelson-sussies, Dominique en Wenique, wat in Desember groot operasies aan hul bene en heupe moet ondergaan.

Die gemeenskap, sakeondernemings, sportklubs en individue word aan die sewes-raakrugbytoernooi herinner wat eerskomende Saterdag by die AJ Swanepoelstadion aangebied word.

Die plaaslike CVO-skool reël die toernooi.

Die toernooi is ten bate van die Nelson-sussies, Dominique en Wenique, wat in Desember groot operasies aan hul bene en heupe moet ondergaan. Hulle ly aan spastiese diplegie en die operasies sal hulle in staat stel om makliker oor die weg te kom.

Spanne van sewe spelers kan inskryf teen R500 per span. Daar is geen beperking op die aantal spelers wat ‘n onderneming mag inskryf nie.

Kontantskenkings is ook welkom.

Wedstryde begin om 08:00 en verversings sal te koop wees.

Skakel of SMS die naam van jou span asook die naam van die spankaptein en besonderhede aan 082 417 0175.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Related Articles

Back to top button