Editor's choiceLocal newsNewsBreaking News

Gru-ongeluk eis lewe

Gedeeltes van die motor is weens die geweld van die botsing afgeruk en het teen die sleepwa vasgesit.

Die bestuurder van ’n motor is Dinsdagoggend op slag dood in ’n grusame ongeluk op die N17 naby die Nooitgedacht Proefplaas buite Ermelo.

 

Read – Ermelo police have released the name of the person who was killed in a horror crash on the N17 just outside Ermelo on Tuesday morning.

Die ongeluk het gebeur toe die ligte motorvoertuig teen ’n vragmotor met ’n abnormale vrag gebots het.

Volgens polisie op die toneel, het verkeerspolisie die vragmotor begelei om aankomende verkeer van die pad af te trek.

Na bewering het die bestuurder van ’n wit Nissan-voertuig wat in die rigting van Ermelo gery het, nie op waarskuwings ag geslaan nie en teen ’n hoë spoed teen die sleepwagedeelte van die vragmotor gebots.

Gedeeltes van die motor is weens die geweld van die botsing afgeruk en het teen die sleepwa vasgesit.

Met die aankoms van die Hoëvelder se verslaggewer het die hoogs-ontstelde jong vragmotorbestuurder in die kajuit gesit.

“Ek het alles in my vermoë gedoen om die botsing te probeer vermy, maar met so ’n groot vrag is dit eintlik onmoontlik as ’n voertuig reg op jou afkom,” het hy gesê.

Verkeer is etlike ure tot stilstand gebring terwyl die toneel opgeruim is.

Die oorledene, wat alleen in die motor was, se naam was teen druktyd nie bekend nie.

 

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Related Articles

Back to top button