Twee SAVF-inwoners sterf

Twee inwoners van die SAVF-Huis, Kotie Fick (88) en Daleen Boshoff (89), is die afgelope naweek oorlede.

 

Daleen Boshoff

 

Kotie Fick

Twee inwoners van die SAVF-Huis, mes. Kotie Fick (88) en Daleen Boshoff (89), is die afgelope naweek oorlede.
Hulle het minder as ‘n dag ná mekaar in die tehuis gesterf.

Kotie, ‘n gebore Ermeloër, het haar skoolopleiding aan die destydse Hoër Handelskool ontvang en het in 1951 met Boet Fick, ‘n boer van Goedehoop naby Chrissiesmeer, in die huwelik getree.

As flukse boervrou het sy haar man bygestaan tot met sy afsterwe in 1989. Haar jongste seun, WP wat die boerdery voortgesit het, het haar daarna versorg.

Weens swak gesondheid is sy in Januarie vanjaar in die SAVF-Huis opgeneem.
Sy word deur haar suster, Maatje Koch, twee getroude seuns, Chris en WP, asook agt klein- en 11 agterkleinkinders oorleef.

Die begrafnis vind vandag (Donderdag) om 12:00 vanuit die NG Kerk op Chrissiesmeer plaas.

Daleen is byna 90 jaar gelede, op 18 Desember 1925, in Port Elizabeth gebore.

Sy was met past. Casper Boshoff getroud en die egpaar was 30 jaar in die bediening, waartydens sy haar pligte as toegewyde pastoriemoeder getrou nagekom het.

Skilder en die skryf van gedigte was Daleen se stokperdjies wat haar baie bevrediging verskaf het.

Sy was sowat twee jaar ‘n inwoner van die tehuis en word deur haar dogters, Valma Fouché en Leonie Venter, ‘n seun, Roy, asook agt kleinkinders oorleef.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version