Local newsNewsSchools

Eksperimentele ballon is soek

Die tweede ballon met 12 verskillende pakkies met toestelle is steeds soek.

Lede van Secunda Radioklub asook leerlinge van verskeie hoërskole in die omgewing het Saterdag, 3 Oktober twee ballonne waaraan verskeie toestelle gekoppel is vanaf die Radiomodelklub op Trichardt die lug ingestuur.

Die geleentheid was deel van ‘n projek waar leerlinge die geleentheid gebied is om hul wetenskap-, aardrykskunde en rekenaarwetenskapvaardighede op te skerp en prakties toe te pas.

Leerlinge moes self die toestelle bou, die verpakking self maak, self die toestelle en sensors programmeer en ook toets dat dit met ‘n valskerm sou land sonder dat iets beskadig word.

Toestelle het onder andere hoogte en temperatuur gemeet en selfs foto’s geneem.

Die eerste ballon is omstreeks 06:00 opgestuur en het net een verpakking met ‘n toestel daaraan gehad en is dieselfde middag op ‘n plaas tussen Hendrina en Davel gevind.

Die tweede ballon met 12 verskillende pakkies met toestelle is steeds soek.

Laaste lesings van dié toestelle het getoon dat die ballon 15km noord van Bethal was en ‘n hoogte van 30 000m bereik het.

Christo Kriek van die Secunda Radioklub het boere in die omgewing van Bethal, Hendrina, Davel en Estancia gevra om hom te skakel by 082 907 9685 indien hulle op van dié toestelle afkom.

Ander lede van Secunda Radioklub wat geskakel kan word indien die pakkies gevind word, is Gert Botha by 082 771 0663 en Willie Taljaard by 082 461 2289.

‘n Beloning word aangebied vir die terugvind van die toestelle.

Die gebied tussen Bethal, Davel, Estancia en Hendrina waar die ballon moontlik geland het.
Die gebied tussen Bethal, Davel, Estancia en Hendrina waar die ballon moontlik geland het.

J11F

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button