Local newsNews

Tuinbouers kuier op Mooiplaas

Die vroue het hul dag met die skaapskeerdery begin waarna hulle die pragtuin, waterdamme, roostuin en waterlelies bewonder het.

Lede van die Ermelo Tuinbouklub en VLU Milleniumtak het verlede week by Kerneels en Tharina Greyling op “Mooiplaas” gekuier.

Hulle is geseën met 50mm reën die vorige week en met alles so pragtig groen, het die besoekers besef die Here se hand is in alles op dié plaas.

Die vroue het hul dag met die skaapskeerdery begin waarna hulle die pragtuin, waterdamme, roostuin en waterlelies bewonder het.

Ná ‘n waardevolle les van Tharina oor watter plante nie in Koi-damme geplant mag word nie, het almal lekker saamgekuier terwyl hulle verversings geniet het.

“Baie dankie aan Tharina en Kerneels vir hul hartlike gasvryheid. Ons dames het die kuiertjie gekoester,” het Estelle Vermaak, voorsitter Ermelo Tuinbouklub, gesê.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Related Articles

Back to top button