EHS-Kunssentrum vereer Manelisi

Hy is die eerste leerder van die Kunssentrum wat dié prys aan 'n musiekleerder wat deurgaans 'n besondere bydrae tot die Kunssentrum gelewer het, ontvang het.

Manelisi Mdaka, gr.12-leerder van Hoërskool Ermelo, het verlede week die Ansophie Dippenaar-toekenning tydens die EHS Kunssentrum se prysuitdeling ontvang.

Hy is die eerste leerder van die Kunssentrum wat dié prys aan ‘n musiekleerder wat deurgaans ‘n besondere bydrae tot die Kunssentrum gelewer het, ontvang het.

Manelisi wat musiek as vak neem, het sy sangopleiding begin by wyle Ansophie Dippenaar wat voor haar dood aan die Kunssentrum se personeel verbonde was.

Hy het al verskeie musiekoptredes gedoen, verlede jaar die hoofrol in die musiekblyspel Inviting Tomorrow gespeel en is sy hele hoërskoolloopbaan lid van die koor en sangensemble.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Exit mobile version