Polisie reik uit na gemeenskap

Lede van die Ermelo Polisie se praktiese pistoolskiet het verlede week tyd opgeoffer en hul harte oopgemaak vir senior burgers, kinders en diere.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

 

 

 

Lede van die Ermelo Polisie se praktiese pistoolskiet het verlede week tyd opgeoffer en hul harte oopgemaak vir senior burgers, kinders en diere.

Geld is ingesamel tydens die polisie se jaarlikse skietkampioenskappe wat verlede maand in Ermelo plaasgevind het.

Tradisioneel gee elke lid ‘n geldelike bydrae en die geld word aangewend vir liefdadigheid in die gemeenskap waar die kompetisie plaasgevind het.

Ermelo se skuts het hulle op die kinderhuis, SAVF-Huis vir bejaardes en EARS toegespits.
Verlede Saterdag het hulle die sirkus besoek en 17 kinders tussen die ouderdomme van 4 en17 het die skouspel terdeë geniet en gelag dat die trane loop vir die narre se manewales.

Natuurlik is die kinders ook bederf met lekker eet-en drinkgoed.
Verlede week het die skietspan ‘n draai by die SAVF-Huis gaan maak en die inwoners met ‘n groot ontbyt verras .

Danie Terblanche het gesorg vir die musiek wat die voete sommer gou laat jeuk het, terwyl die skietspan ontbyt bedien het.

Almal het heerlik saamgekuier. Kol. Winnie Mabuza, Ermelo se stasiebevelvoerder, het die skietspan kom ondersteun en self lang geselsies met die inwoners aangeknoop.
Die derde organisasie wat uit die insameling sal baat is EARS. Die oorhandiging sal op ‘n later geleentheid plaasvind.

Exit mobile version