Editor's choiceLocal newsNews

15-jarige Christine word vermis

Christine Fourie word sedert 27 September vermis.

Christine Fourie, ’n gr.8 leerling by Morgenzon Landbou Akademie, is sedert 27 September vermis.

Christine het oudergewoonte saam met haar ma, me. Lillianne Fourie, voertuie by die NG Kerk se Moedergemeente die Sondagoggend opgepas.

Dieselfde middag het sy na ’n besoek aan ’n vriendin, nie teruggekeer huis toe nie.

Christine het ’n swart denimbroek, swart enkelstewels en blou denimbaadjie aangehad en het ’n mussie gedra.

Sy het lang bruin hare en het ’n ligte geboortevlek aan die linkerkant van haar gesig.

Volgens me. Fourie het hulle die saak by die Standerton Polisie reeds Sondag probeer aangee, maar moes noodgedwonge 24 tot 48 ure wag.

Die verdwyningsaak is Dinsdag geopen.

Enige iemand met inligting kan me. Fourie by 079 568 4864 skakel.

 

11222135_10206954891167178_235303315859868129_n

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button