NewsSchools

EHS bied Dorpshuis-gerief

Die Dorpshuis bied aan die Errie-dorpies hul eie identiteit en sal dien as 'n daghuis waar dorpsleerlinge van 06:30 tot 18:00 tuis kan voel.

Hoërskool Ermelo het die bekendstelling van hul Dorpshuis met Errie-gasvryheid gevier.

Ná die vol program wat ‘n dorpshuistoer, boodskappe deur mnr. Pieter Grobler en die beheerliggaam, bekendstelling van die leierraad en natuurlik die amptelike inwyding is daar gesellig saamgekuier en aan die heerlike aandete gesmul.

Die Dorpshuis bied aan die Errie-dorpies hul eie identiteit en sal dien as ‘n daghuis waar dorpsleerlinge van 06:30 tot 18:00 tuis kan voel.

Verskillende pakkette is beskikbaar vir die gebruik van dié unieke gerief waar leerders ná skool middagete kan nuttig, die studiesaal kan benut of selfs in ‘n enkel- of deelkamer kan rus.

Die Dorpshuis, voorheen bekend as Adriani-koshuis, is ‘n koshuis vir leerders wat in die dorp bly met sy eie leiers, hoofseun en hoofmeisie en die wakende oog van hul koshuisvoog, me. Shareen Rademeyer.

Die Dorpies wat in die verlede verskeie projekte in die gemeenskap geloods het, hoop om volgende jaar hul fokus intern te spits en sodoende dorpsleerders te bemagtig.

Met hul leuse, Ancre dans la foi – Geanker in Geloof – beoog die dorpies om eenheid in die Dorpshuis te bewerkstellig.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Related Articles

Back to top button