Local newsNews

Annebels lig in en ondersteun

Annebels is 'n organisasie wat meisies identifiseer en aktiwiteite van kosmaak tot kuns met hulle deel.

Die Ermelo-tak van die Annebels Foundation het ‘n spogtee met die tema “In die skoene van” by die Ermelo Dienssentrum aangebied.

Die geleentheid het gedien om bewusmaking oor Annebels in Ermelo aan te wakker.
Annebels is ‘n organisasie wat meisies identifiseer en aktiwiteite van kosmaak tot kuns met hulle deel.

Die organisasie is ook daar vir meisies wat die behoefte het om met iemand te praat en Annebels voorsien hulle elke maand met pakkies met persoonlike benodighede.
Die gaste het heerlik saamgekuier om gedekte tafels en heerlike eetgoed.

Anita Roodt, Mandri Olivier, Sonnette Kearny, Lynn Roux en Saretha Ferns se praatjies oor onderskeidelik kanker, die Annebels Foundation, tweelingbabas wat aan die dood afgestaan is, ontrouheid in die huwelik en gewigsprobleme het nuwe insig oor hoe dit in hulle skoene voel en hoop aan die gaste gebied.

Annebels bedank die Dienssentrum, NG Kerk Oos, Marius Olivier en al die anonieme skenkers wat die dag moontlik gemaak het.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Related Articles

Back to top button