Local newsNews

‘n Huldeblyk aan Gretchen Celliers

Gretchen was deel van die eerste tuinbouklubdames in die dorp en haar kennis en insig in tuine laat 'n groot leemte.

Ermelo Tuinbouklub het verlede week eer betoon aan wyle Gretchen Celliers deur ‘n kruis teen ‘n boom by haar graf aan te bring.

Gretchen was deel van die eerste tuinbouklubdames in die dorp en haar kennis en insig in tuine laat ‘n groot leemte.
Sy het mildelik plantjies vir almal uitgedeel en niemand het van die plaas weggery sonder ‘n plantjie of ‘n blombol nie.

Die dames het in die koelte van die bome piekniek gehou terwyl hulle die stilte en voëls bewonder en gedeel het watter impak Gretchen op hul lewens gehad het.
Hulle is baie dankbaar teenoor Jaap, Tina en Sarina wat die kuier op die plaas en kruis by die graf toegelaat het.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Related Articles

Back to top button