Local newsNews

Jannie maak ’n plan

Met dié apparate wat as toebehore op die trekkervurkhyser aangebring word, word die sak kunsmis met die massasak-toring opgetel en in die kunsmisbak gegooi.

Jannie Myburgh is nog lank nie klaar met ontwerp en ombouing nie.
Hy is Ermelo se eie plan-makende boer wat die verbeelding aangegryp het met die Pienk Hark en veeldoelige vurkhyser.

Dié keer het Jannie ‘n apparaat gebou wat ‘n 1-ton massasak kunsmis gemaklik kan optel en ‘n 8-ry-planter binne 10 minute kan vol maak.

Die volmaakoperasie geskied sonder moeite in die lande waar die planter sy werk verrig.

Met dié apparaat wat as toebehore op die trekkervurkhyser aangebring word, word die sak kunsmis met die massasak-toring opgetel en in die kunsmisbak gegooi.

Die losmaak van die tou wat onderaan die massasak is word uitgeskakel en die vloei van kunsmis word vanaf die trekker beheer.
Vermorsing van kunsmis word hierdeur uitgeskakel.

Sodra die kunsmisbak vol is, word dit met die vurkhyser opgetel en in ‘n verdelerbak wat op die planter gemonteer is, ingegooi. Die verdelerbak spaar ‘n aansienlike hoeveelheid tyd deur twee bakke op die planter gelyktydig vol te gooi.

Hantering van kunsmis in dié stelsel geskied met swaartekrag, dus is daar niks wat die kunsmis verpoeier nie.

Die planter kan tot 3m van ‘n draadheining gebring word en word nie opgelig nie. Die trekker met die vurkhyser en die kunsmisbak ry dan langs die plantertrekker in en gooi die kunsmis in die verdelerbak.

Die kunsmisbakke op die planter word ook van die voorkant af volgegooi wat die risiko van skade aan die werkende dele aan die planter se agterkant uitskakel.

Die apparaat word ook gebruik om die sakke kunsmis sonder moeite op mekaar te stapel.

Die vurkhyser word agter op ‘n trekker so klein as 65 kW gemonteer en met bybehore soos die skepbak, paalslaner, rolmoerkapper, vriesyster, baalvurk en ander slim innovasies van Jannie, het hy hom reeds op vele plase as ‘n onmisbare werksesel bewys.

‘n Video van die massasak-toring en verdeler se werking kan gesien word op www.mtoer.co.za

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Jannie Myburgh met een van sy vorige skeppings, die veergemonteerde vriesbrandyster.
Jannie Myburgh met een van sy vorige skeppings, die veergemonteerde vriesbrandyster.

Related Articles

Back to top button